maritaspacer french

home

biography
books
reviews
interviews
awards
photos
facebook

previous spacer next

grimm

Die mooiste sprokies van Grimm
(Illustrasies Piet Grobler), Human & Rousseau, 2010

Marita van der Vyver het haar persoonlike gunstelinge onder die broers Grimm se sprokies gekies - die bekendstes, natuurlik, maar ook sommige minder bekendes en selfs onbekendes - om te vertaal, af te stof en op te poets. Piet Grobler het elke sprokie op 'n vars en unieke manier geïllustreer. Die gevolg is 'n pragboek wat 'n nuwe geslag van kinders sal betower .

Elkeen van die vyftigtal sprokies is uit die oorspronklike Duitse weergawe vertaal - en onthou, die oorspronklike sprokies was nie noodwendig vir kinders bestem nie! Dit was volksvermaak vir alle ouderdomme - vol humor en hartseer, wreedheid en stuitigheid - omtrent soos die gewildste TV-sepies deesdae. Dis 'n boek wat ma en pa, ouma en oupa, ousus en ouboet saam met die jongstes in die huis sal geniet.

click to see more illustrations

back to books/terug na boeke