maritaspacer french

home

biography
books
reviews
interviews
awards
photos
facebook

previous spacer next

hanna
Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, Tafelberg, 2002

Gedink Marita van der Vyver skryf deesdae net vir ouer mense (soos in ouer as een-en-twintig)?  Fout!  Hier is die skepper van die immergroen Griet terug by haar eerste liefde, die jeugverhaal, met ‘n storie vir almal wat jonger as een-en-twintig is of voel.

Marita debuteer met ‘n jeugverhaal, Van jou Jas (1982), volg dit op met nog ‘n jeugverhaal, Tien vir ‘n Vriend (1987), en publiseer in 1991 ‘n derde jeugverhaal, Eenkantkind.

En nou het ons Hanna, ‘n heldin wat beloof om net so diep in lesers se harte te kruip as Griet.  Bekkig, intelligent, verbeeldingryk, en met ‘n ingewikkelde familie:  een stiefpa, een skewe pa, een halfbroer, twee stiefbroers en ‘n mallerige ma.

Marita van der Vyver se nuutste boek is ‘n sprankelende, hoogs entertaining toevoeging tot die genre van die jeugverhaal.

kyk na 'n uittreksel uit die film!

back to books/terug na boeke