maritaspacer french

home

biography
books
reviews
interviews
awards
photos
facebook

previous spacer next

kouekos
Dis koue kos, skat. Tafelberg, 2010

Clara Brand is so woedend dat sy in vlamme kan uitbars.  Haar man het haar en hul drie kinders gelos vir 'n jonger, mooier (en natuurlik ook skraler) vriendin - die soort meisie wat nie eens 'n eier kan kook nie.  Clara, 'n kosskrywer en smulpaap, leer geleidelik dat wraak inderdaad 'n koue, koue dis is.

In briewe wat oor 'n dekade geskryf is, ontvou die soms skreeusnaakse verhaal van 'n vrou wat dit regkry om met haar lewe aan te gaan, ondanks alles.  Dis koue kos, skat is 'n slim, gesofistikeerde, moderne weergawe van die tradisionele briefroman, met e-posse en SMS-boodskappe wat 'n onontbeerlike rol speel.  Dis 'n storie wat skitter en ontplof, skok en verkwik, soos net die vurigste verhoudings kan.

now available as an ebook

back to books/terug na boeke