maritaspacer french

home

biography
books
reviews
interviews
awards
photos
facebook

previous spacer next

eenkantkind
Eenkantkind, Tafelberg, 1991

Ou Jana.  Lelike ou Jana.  Dik bril en dik vlegsel.  Dis soos Fires haar vir Jac Cilliers en die ander seuns op die trein beskryf het.  En sy ís lelik.  Lank en maer en lelik.  En boonop bysiende.  Maar sy was nie altyd só nie.  Dis eers toe sy begin bril dra het, ná haar pa se dood, en skielik lank en maer geword het.  Toe haar klein kinderneusie ‘n skewe grootmensneus geword het, ‘n grootmensneus in ‘n kindergesig.  En haar neus is nie ál wat skeefgeloop het ná haar pa se dood nie.  Daarna was niks ooit weer dieselfde nie.

Sy het al baie gedink as sy in ‘n ander huis gewoon het, sou sy miskien die moed gehad het om meer soos ander kinders te wees.

Dan sou sy maats gemaak het en nie bang gewees het om huis toe te gaan nie.  Want by die huis weet sy nooit wat om te verwag nie - nie met Bruce, haar ma se man, daar nie.  As sy aan hom dink, weet sy dít is soos dit voel om iemand te haat.  Sy wens hy was eerder dood.  Want hoe kan sy haar ma help as sy nie gehelp wíl word nie?

Maar gelukkig is daar mense soos Ouma Ella met haar oranje hare en bloedrooi lipstiffie in die wêreld.  En mense soos Jac.  En al verander dinge nie oornag soos in ‘n sprokie nie, kom daar tog geleidelik weer hoop vir Jana.  En vir haar ma.

Eenkantkind is ‘n onstellende verhaal oor ‘n baie aktuele probleem.  Dit is terselfdertyd ‘n humoristiese en aangrypende storie wat geen tiener behoort mis te loop nie.

back to books/terug na boeke