maritaspacer french

home

biography
books
reviews
interviews
awards
photos
facebook

previous spacer next

briewe
Franse briewe: Pos uit Provence, Tafelberg, 2008

Tuimel jou hart nog nadat Marita van der Vyver jou met haar boek Die hart van ons huis aan haar lewe in Provence bekend gestel het? Hou dan asem op, want met Franse briewe nooi sy lesers nog 'n keer oor haar drumpel. Wat het verander in die Provensaalse kliphuis met sy persblou hortjies, pienk rose, laventel voor die kombuisvenster en die enorme ou plataanboom langs die hek? Wat het dieselfde gebly? Ja, Marita, haar Franse man, Alain, en die vier kinders woon steeds in Kerkstraat – Rue de l'eglise – van 'n Middeleeuse dorpie. Dis ook somer in Provence – en soos elke somer word al die poskaartprentjies oornag lewend. Lappe laventel so pers dat dit lyk asof derduisende botteltjies kristalviolet per ongeluk uit 'n vragvliegtuig geval het. Goudgeel sonneblomme net waar jy kyk, asof jy pens en pootjies binne-in 'n Van Gogh-skildery beland het. Maar help! Terselfdertyd het 'n bende misdadigers op Marita se Provensaalse dorpie toegesak! Haar motor word nie net gesteel nie, maar onherstelbaar verniel. En moleste met motors is maar een van die, noem dit maar "interessante", aspekte van haar idilliese bestaan. Daar is ook nog huismoleste, kultuurskokke, ouderdom en ander meer tipies Franse vliee in die salf soos skoolgaan in Frankryk.

Is your heart still racing since Marita van der Vyver introduced you to her life in Provence in her book Die hart van ons huis? Take a deep breath, then, because in Franse briewe she invites readers into her home again. What has changed in the Provençal stone house with its violet shutters, pink roses, lavender outside the kitchen window and the enormous plane tree next to the gate?
Franse briewe is a book that speaks against an existence in which the pleasures of life have just become too easy. It is a book about tiny moments that are too big to capture with a camera. It’s also a book about Paris and a kiss in the snow.

back to books/terug na boeke