maritaspacer french

home

biography
books
reviews
interviews
awards
photos
facebook

previous spacer next

Somerkos in Provence
(met die samewerking van Alain Claisse). Tafelberg, 2010

'n Kosboek vol pragfoto's, kookstories, resepte en idees - 'n heerlike mengsel van verbeelding en gesonde verstand, lekkerbekkigheid en praktiese oorwegings, wat die minder én meer ervare kok sal begeester en besiel.

Hulle is 'n gewone gesin met kinders (wat sonder skroom gekoopte hamburgers en frites bo al hulle ouers se 'gastronomiese hoogtes' sal kies) en 'n gewone inkomste. Hulle het nie die tyd, energie of geld om ingewikkelde, pretensieuse geregte met onbekostigbare bestanddele soos truffels of foie gras te maak nie, en hul kinders stel nie belang in slakke, paddaboude en ander Franse spesialiteite wat elders moeilik verkrygbaar is nie.

Die resepte hierin is die kos wat hulle groot gesin en vriende kuier-kuier onder die plataanboom voor hulle kliphuis geniet. Dis lentekos, somerkos, Mediterreense en Provensaalse kos wat net so lekker onder 'n jakaranda of kiepersol sal smaak.

Nog fotos uit die kookboek

back to books/terug na boeke