maritaspacer french

home

biography
books
reviews
interviews
awards
photos
facebook

previous

tien vir 'n vriend
Tien vir 'n vriend, Tafelberg, 1987
Om ’n seevakansie by ’n eksentrieke, buierige ou alleen-man deur te bring, is geen opwindende vooruitsig vir ’n meisiekind soos Anita nie. Selfs al reken Rudi, haar jonger broer, die saak het meriete. Maar toe hulle op die lughawe afgehaal word deur ’n heel skaflike, brandermal tiener, kry die vakansie vir Anita ’n ander kleur. En toe sy in hul onkonvensionele gasheer se huis ’n boek ontdek waarin hy jare gelede vir haar ma geskryf het: Die belangrikste dinge in die lewe is onsigbaar, begin daar vir Anita ’n speurtog deur menseverhoudinge. Maar miskien sou dit tog Rudi wees wat die naaste aan dié ou man van die see kom . . .
Met Tien vir ’n vriend het Marita van der Vyver ’n fyn verweefde verhaal geskep rondom ’n kort maar deurslaggewende tydsgreep uit die lewens van die hoofkarakters. Dis ’n verhaal waarmee jong lesers heelpad kan saamloop.

back to books/terug na boeke