maritaspacer french

home

biography
books
reviews
interviews
awards
photos
facebook

previous spacer next


vergenoeg
Vergenoeg, Tafelberg, 2003

Adéle Bothma kén die wrede woord k-a-n-k-e-r.  Die vernietigende vraat wat haar lyf afgetakel het tot hangborste en vellerige dye van ‘n ou vrou.

Sy verduur gelate die vernederende versorging in haar Victoriaanse huis op Vergenoeg, die plattelandse dorpie aan die einde van ‘n grondpad.  Hier het sy kom treur oor alles wat afgesluit moet word terwyl haar twee uiteenlopende dogters haar bedien en bederf.

Haar spogroos, San, was ‘n mooi kind - die voorbeeldige suster, die ouer, ordentlike een.

Bella was van kleins af ánders.  ‘n Eksotiese orgidee met ‘n besondere stem.  Heserig, asof sy al in haar wiegie besluit het sy verkies sigarette bó melk.  Later sou sy as chanteuse na Parys vlug om weg te kom van haar roem.

Nou is daar dinge wat gesê moet word, ander wat verswyg moet bly.  En terwyl sy haar dogters op haar sterfbed nog net kan troos, wonder Adéle of hulle haar nie juis nóú die nodigste het nie.

back to books/terug na boeke